Willem en Rissiepit (Romantiese komedie)

“O goeiste, hier is jou aanstaande skoonfamilie. Ek maak spore. Ek wil nie daai onvriendelike broer Willem van Rudie sien nie dankie. Sien jou later. ”

“Moenie laf wees nie Elsabie! Komaan man.”

“Ja sure. Jy vergeet bra gou wat jy my van jou aanstaande swaer vertel het. Het nie eens die ordentlikheid gehad om jou te help toe jy van die donkie afgefoeter het nie. Los jou net daar, seer en vol dorings en ry weg. Hopelik het hy by die huis gebly.”

“Vervlaks man! Stop jou nonsens! Stap saam dan stel ek jou gou voor. Groet hom en ignoreer hom daarna. So maklik soos dit.” Annaliza trek Elsabie aan die arm nader en stap haar gaste tegemoet.

“Middag julle. Julle is seker doodmoeg. Namibië is voorwaar nie net om die draai nie?” Annaliza groet haar gaste hartlik en stel Elsabie aan almal voor. “En dis nou Willem, Rudie se broer van wie ek jou vertel het. Elsabie…….? Halloooooo!”

Almal lag vriendelik en kyk na Elsabie wat verleë lyk en vinnig wegkyk van Willem af. Sy het vasgenael gestaan en staar na sy mond en het nie `n woord gehoor wat Annaliza gesê het nie. Sy tree vinning nader en hou haar hand na Willem uit met `n verleë glimlag. Willem neem haar hand in syne en gee dit `n warm drukkie en `n bypassende glimlag wat al haar weerstand en nukkerigheid van vroeër laat wegsmelt. In sy groen oë speel ondeunde duiweltjies rond. Sy lees dadelik die boodskap wat hy daarmee wil gee, maar kyk vinnig weg voordat sy dalk weer iets kwytraak wat haar in `n verleentheid bring.

Klik op die skakel om die pdf dokument te lees

HUISGENOOT Romantiese komedie (2)

 


 

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*